Fringillidae | |
---|---|
'n Gryskoppie. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | Fringillidae Vigors, 1825
|
Subfamilies en genera | |
Vinkagtiges of sysie-agtiges (Fringillidae) is 'n familie van sangvoëls waaraan die kanaries, sysies, vinke en streepkoppies behoort. Hierdie familienaam is afgelei van die woord "fringilla", Latyn vir vink (F. coelebs), die mees algemene verteenwoordiger van hierdie familie. Ongeveer 19 spesies kom in Suider-Afrika voor.
Al die vinkagtiges is saadvretende voëls met 'n kort, sterk snawel. Hulle het 'n harde skedel en groot kaakspiere wat hulle gebruik om sade te kraak. Die mannetjies verskil meestal van die wyfies in voorkoms.
Hierdie voëls kom in Noord-Amerika, Afrika, Asië en Europa voor. Meeste spesies kom egter in die suidelike halfrond voor. Één familie, die Euphonia, is inheems aan Suid- en Middel-Amerika (die Neotropiese gebied).
Sommige spesies word as eksotiese troeteldiere verkoop, en selfs onwettig mee handel gedryf.
Hulle is gewilde troeteldiere omdat hulle maklik in koue aangehou kan word. Die sysie-agtiges, wat die kanaries, streepkoppies en die sysies insluit en as sangvoëls bekend staan, behoort tot die orde Passeriformes, wat tans die dominante voëlorde is. Die sangvoëls behoort tot die suborde Passeres, wat 'n verskeidenheid families insluit, soos die swaels, kraaie, heuningeters, ensovoorts. Sommige taksonome deel die sysie-agtiges en verwante voëls (familie Fringillidae) in twee subfamilies in, naamlik die Carduelinae en die Fringillinae.
Die sysie-agtiges behoort tot die subfamilie Carduelinae, terwyl 'n aantal vinkagtiges (waaronder Darwin se vinke) tot die Fringillinae behoort. Daar bestaan egter 'n aantal ander klassifikasiestelsels. Die Suid-Afrikaanse sysie-agtiges kan byvoorbeeld as verteenwoordigers van die familie Fringillidae beskou word en dan in die subfamilies Fringillinae en Emberizinae ingedeel word. Die stelsel word egter nie in hierdie artikel gebruik nie.